1 koppie meel
1 eier
¼ koppie olie
1 teelepel bakpoeier
2 koppies water
½ eetlepel asyn
Sout na smaak
• Klits eiers en water saam. Sif meel, sout en bakpoeier saam, en voeg by. Voeg olie by.
• Meng en bak. Dit is nie nodig om nog olie in die pan te gebruik nie – die olie is reeds in die beslag. Geniet dit!!!
Pannekoek
4 k meel
4 eiers
5 k water
½ t sout
4 t bakpoeier
½ k olie
Meng alles baie goed saam en bak, die geheim is om die bakpoeier laaste by te gooi en goed te meng.
Die enigste pannekoek resep wat jy nodig het. Flop nooit en is nooit rubber nie, selfs as dit koud is.