375ml lou water
50ml Gouestroop
1 Pakkie kitsgis
750ml Wit broodmeel
500ml Volkoringmeel
7ml Sout
75ml Kookolie

• Voeg al die bestandele saam. Meng tot sagte hanteerbare deeg en knie goed deur. Laat die deeg rys.
• Knie dit weer af en plaas deeg in gesmeede no 3 pot met deksel (Ek gebruik Woodenspoon Margarien hiervoor) maak die pot goed toe en plaas op warm plek.
• Sodra dit dubbel gerys het plaas in voor-verhitte oond 180c en bak 45 min of tot brood gaar is.
• Bedien met botter en tuis gemaakte konfyt.
• Kan ook op kole gaar gemaak word.

Home
Business
Shop