1kg Self Raising Flour
1 blik geroomde mielies
1 pak gesnipperde bacon
(Hang af van jouself hoeveel bacon jy. wil insit)
1 blik kondensmelk
2 eiers
Melk
Knippie sout.
• Braai die bacon tot gaar maar nog lekker sag.
• Meng nou die bacon, mielies, kondensmelk, eiers, sout en 3/4 van die meel saam.
• Gooi bietjie melk by as die deeg te droog is of nog meel as die. deeg te waterig is. Moet ñ lekker stywe deeg wees. Geen knie is nodig nie. Geen rus of rys tyd nodig nie.
• Smeer die pot met bietjie botter / margarien en sprinkel met van die oorblywende meel. Dit help dat die brood makliker uit kom.
• Bak die brood vir so uur. Met charcoal so met 10 kole.(6 onder en 4 bo-op die pot.) Nie te warm of te veel kole nie anders brand jou brood.
• As jy ‘n mes in steek, na so 50min en deeg daar aan sit, is dit nog nie reg nie. Die mes sal skoon wees as hy reg is.
• (As jy dit in die oond wil doen. Sit dit vir 15min op 220grade en dan 45min op 200grade) Eet die warm brood net so of met botter en perskekoos konfyt.